Die Elton Esau Herdenking Rugby Toernooi word vanjaar vir die tweede opeenvolgende keer aangebied deur die United rugby klub. Volgens Ronald Isaacs, united rugby klub voositter is die toernooi as herinnering aan Elton Esau wie die united op vele fronte verdedig het en ook voormalige senter van die span, Gurshin Michaels wie vroeër vanjaar omgekom het weens ‘n kopbesering. Isaacs sê vanjaar sal sowat vier spanne mekaar die stryd aansê,wat insluit die All Blacks Rugby Klub van Oudtshoorn, Barbarians Rugby Klub van Bellville in Kaapstad, Sunwolves United en Upington United. Die toernooi, gaan plaasvind vanaf 22-23 September 2023 by die 8Sai Sportsgronde.Die krag metings beloof om groot vermaak te verskaf.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com