Pakes Dikgetsi, lid van die COPE se nasionale komitee, het die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, gekritiseer omdat hy homself en provinsiale kabinetslede splinternuwe voertuie voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing aangeskaf het. Digesti het aangedui dat Saul se splinternuwe voertuig wat op 17 Julie afgelewer is, op sowat R2 miljoen gewaardeer is. Volgens Digetsi het Saul ook al die LUR'e se nuwe voertuie gekoop. Digetsi sê met Saul se ampsaanvaarding het hy gepreek dat hy al die fieterjasies sal sny, rooi tapyte sal wegdoen, die premierswoning sal verkoop, korrupsie sal beveg en doeltreffende dienslewering sal verseker. Digetsi voer aan Saul geweier het om in die voertuig te ry wat sy voorganger gebruik het. Dikgetsi sê 'n leier se optrede moet ooreenstem met hul woorde en beloftes aan die mense. Digetsi sê verder dat gedrag soos hierdie ondermyn openbare vertroue in die staat en sy instellings.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za