Die nie regerings organisasie give light se hulle neem met kommer kennis dat daar persone is wat die organisasie se naam gebruik vir hulle persoonlike voordeel asook programme op die naam van die organisasie bywoon. Portia Van Wyk stigter van die organisasie gemoeid met die beskerming van die regte van vroue en kinders se die optrede is oneties en veroorsaak ongemak binne die organisasie. Sy se regerings departemente en ander organisasies moet direk met die raad skakel terwyl hulle n beroep doen op die betrokke persone om die optrede te staak.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za