nuwe hoof by gesondheid aangestel

Dr Alistair Kantani is aangestel as waarnemende hoof van die Noord-Kaapse departement van gesondheid terwyl amptenare, insluitend dr Dion Theys die voormalige warnemede hoof van die departement, beskuldig word van korrupsie en oortredings. Die departement van gesondheid in die provinsie se, interne ondersoeke sal volg om die situasie aan te spreek en te verseker dat die departement in balans bly tussen die beeld van die departement en die belange van die werknemers. Woortvoerder van die departement Lebogan Majaha se, die departement sal prosesse instel teen die oorblywende amptenare wat beskuldig word van bedrog en korrupsie. Die HOD vir die Departement van Onderwys moet ook nog aangestel word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media