Weer

Die Suid Afrikaanse Weerdiens waarsku dat inwoners nie moet die warm baadtjies wegpak nie. Dit na nog koue vir groot dele van die land voorspel word wat selfs tot ryp in die benede oranje en sneeu in die karoo en elders in die land gelei het. Die diens se die volgende paar dae gaan die weer wipplank ry met koue en nat buitengewone weerstoestande wat ervaar gaan word. Geisoleerde buie aan die weskus vandag andersins warm terwyl die weer vrydag weer koud gaan draai in groot dele van die land met 'n geel vlak 1 waarskuwing wat vir skadelike wind langs die Ooskus van die Ooskaap uitgereik is. Die huidige kouefront verlaat Suid Afrika later vandag met toestande wat effens kan verbeter. Wayne Venter van die weerdiens se inwoners moet hulleself en kleinvee teen die temperature beskerm.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media