Twee Noord-Kaapse polisiebeamptes wat tydens die Covid-19-inperking probeer voordeel trek het deur geld van 'n senior burger af te pers, is tot direkte gevangenisstraf gevonnis. Die 37 jarige voormalige Sersant Stanley Beukes en die 26 jarige konstabel Thapelo Semamai is vandeesweek deur die Upington-streekhof aan korrupsie skuldig bevind. Hulle is effektief twee jaar agter tralies gevonnis. Die provinsiale woordvoerder van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek luitenant-kolonel Tebogo Thebe, sê die twee polisiebeamptes het op 17 April 2021, tydens die Covid-19-pandemie, 'n vroulike pensioenaris wat in die afsluiuting rondgery het voorgekeer en 200 rand ge-eis omdat sy sonder 'n reis permitt gereis het en aangevoer het dat sy die 200 rand moet betaal alvorens hulle vir haar 'n permit sou uitreik. Thebe sê, 'n Betaling van R200 is gemaak, soos ooreengekom, en die klaer het daarna die Upington-polisiestasie besoek om ’n saak van korrupsie te open.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za