De aar waterkrisis. Da vra ingryping

Die Demokratiese Alliansie het 'n beroep gedoen op die provinsiale regering om dringend te help om die impak van die Emthanjeni-waterkrisis te versag. Volgens die party is root dele van De Aar vir meer as twee weke sonder water. In 'n verklaring se die DA huishoudings, besighede, ouetehuise, skole en gesondheidsorgfasiliteite word ernstig ontwrig. 'N oorsiginspeksie van waterinfrastruktuur, wat Vrydag deur 'n span DA-raadslede, insluitend myself, Gerhard Engelbrecht en Roweda Adams-Beukes gedoen is, het 'n gebrek aan instandhouding uitgewys. Dit is volgens die party deur hoë vlakke van beurtkrag vererger. Die DA se die De Aar-hospitaal is een van die fasiliteite wat die ergste geraak word en die situasie word vererger deur die feit dat die reservoir, wat veronderstel is om die hospitaal te voed, al jare lank wanfunksioneel is.  Die DA se, hulle het 'n opvolgversoek aan die LUR van Gesondheid, asook die LUR van COGHSTA, ingedien om die installering van sonkragpompe by die twee boorgate. Die party sê hulle sal ook opdaterings van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) en die departement van water en sanitasie versoek ten opsigte van waterklagtes wat voorheen by hulle ingedien is. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media