Inwoners van Calvinia-Wes is daaraan herinner dat die huidige kraandroogte nie weens gebarste pype of nie dienslewering veroorsaak word nie. Die munisipaleteit in Calvinia sê amptenare is besig in die informele nedersetting, waar krane herstel word, in 'n poging om waterversekering asook lekasies te herstel. Die munisipaleteit sê water gaan vir 2 ure af wees by die Informele nedersetting en gedeeltes van Middel - en Skool straat en het gevra dat mense op 'n veilige manier water sal stoor en ten alle tye krane as waterdraend te beskou. Huishoudings is gewaarsku om nie krane weens die tydelike afsny oop te laat nie, veral omdat dit tot oorstromings en waterskade kan lei as die water terugkeur en krane oorloop binne huise.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za