Hantam verkeer eindig wapen opleiding

Die Hantam plaaslike munisipaleteit het vuurwapen opleiding ter beveiliging van verkeersbeamptes asook die van motoriste aan sy verkeersbeamptes gebied. Verkeersbeamptes wat hul verkeersopleiding deur die Narysec program voltooi het, het hulle vuurwapen vaardigheidssertifikate ontvang. Tumelo Modirapula - Koordineerder van Narysec het die amptenare geloof vir hulle toeweiding en aangemoedig om eerbaar die gemeenskap en motoriste te bedien. Die beamptes het vroeer vandeesweek die opleiding afgehandel en gaan voorts gewapen diens lewer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za