Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het ontken dat daar enige vertragings was om ’n vrou wat verlede week in Leratopark verkrag is, by te staan.
Volgens gemeenskapslede moes die vrou ses uur wag vir mediese bystand ná ’n voorval waar sy op 3 September wreed aangerand en verkrag is.
Die 49-jarige vrou het na bewering 43 steke gekry nadat sy op die klipperige grond gesleep, in die gesig en op haar lyf geskop en geslaan is. Woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, sê 'n noodoproep is om 22:15 ontvang. Sy se, 'n Ambulans is so gou moontlik na die adres wat verskaf is gestuur. Sy het bygevoeg dat daar standaard bedryfsprosedures is vir die bestuur van oorlewendes van seksuele misdrywe. Alle personeel hou by daardie riglyne en protokolle. Mxekezo sê, dit is noodsaaklik vir gesondheidspersoneel om die vertroulikheid van pasiënte, insluitend slagoffers van seksuele aanranding, te handhaaf, daarom kan verdere besonderhede nie verskaf word nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za