Die 21 jarige Andiswa Bayi het in die landroshof in Kimberley verskyn waar sy tereg staan vir die diefstal van 'n pasgebore babadogter. Die kind is op die 6de September vanjaar as vermis aangemeld en die polisie het haar twee dae daarna by 'n huis in Greenpoint Kimberley gekry. Die verdagte bly in aanhouding en sal op die 19de September vanjaar vir 'n formele borgaansoek weer in die hof verskyn.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za