Da oor skilpadsaal kontrak

Die Demokratiese Alliansie (DA) is gekant teen die verhuring van die Skilpadsaal in De Beers, Kimberley aan 'n chirurgiese vervaardigingsmaatskappy. Die ANC het dié aansoek deur die Sol Plaatje-raad gestoomroller. Die party se die besigheidsvoorstel is aanvanklik op 22 September 2022 by die Premier se kantoor bespreek, waarna 'n versoek deur die Premier gerig is om die gebou aan die maatskappy te huur vir 'n chirurgiese fabriek/pakhuis wat spesialiseer in openbare beskermende toerusting, beskermende klere, sanitêre doekies en mediese toerusting. Die DA sê nix is gedoen om gemeenskapskwessies aan te spreek nie behalwe 'n voorstel om sportaktiwiteite na die West Einde-klub, aan die ander kant van die dorp, te verskuif nie.  Die party se terwyl die aansoek deurgegaan het, sal hulle voortgaan om dit te betwis.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media