Sapd lid kritiek

'N lid van die Suid Afrikaanse Polisie Diens in Prieska is in 'n kritieke toestand in 'n Kimberleyse hospitaal na ongeluk met 'n polisievoertuig. Die polisie se luitenant kolonel Sergio Kock se 'n saak van roekelose en nalagtige bestuur is intussen geopen na die ongeluk wat minstens 5 kilometer buite Prieska plaasgevind het. Hy se die polisie sersant was van De Aar na Prieska onderweg toe sy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en dit verskeie kere gerol het. Hy se die beampte moes per helikopter van die toneel na Kimberley gehaas word vir mediese behandeling.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media