Dwelms in Kimberly gekry

Dwelms met 'n geraamde straat waarde van tussen 12 duisend 600 en 1 duisend rand onderskeidelik is volgens die polisie tydens operasie Shanela in Kimberley gekonfiskeer. Die polisie sê verskeie verdagtes is tuidens die operasie inhegtenis geneem. Sersant Dikeledi Gopane van die polisie sê die operasie wat deur verskeie regerings departemente meegemaak was, is daarop gemik om misdaad en dwelms in die groter Noordkaap provinsie hok te slaan.  Sersant Dikeledi sê die verdagtes verskyn in die Kimberley landroshof waar hulle na alle verwagting om borgtog sal aansoek doen. Die dwelms is in die Samaria informele woonbuurt op beslag gele.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media