1 koma 7 miljoen se dagga gekry

Die polisie se dagga ter waarde van 1 koma 7 miljoen rand is in Port Nolloth aan die Namakwa kus op beslag gele. Volgens 'n polisie verklaring, is dit nadat die polisie se misdaad intelegensie eenheid in Springbok tydens 'n spesiale operasie die gebied ingeval en 5 ongedokumenteerde verdagtes en later nog een by twee afsonderlike persele inhegtenis geneem het. Die dagga was volgens die polisie in voertuig bande versteek terwyl 'n groot aantal mandrax tablette ook gekry is. Brigadier Schalk Andrews van die Namakwa se die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê, die polisie sal onverpoos voortgaan met hulle optrede teen dwelms en misdaad in die geheel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media