Aansoeke word eersdaags ingewag vir fase vier van die presidensiele jeug indiensnemings inisiatief

Die departement van onderwys se tot op hede is 6 108 onderwys en algemene skole assistente in 551 regoor die Noord Kaap vir die Presidentiële Jeug Indiensnemings Initiatief aangestel. Die posisies is beskikbar vir persone tussen die ouderdome van 18 en 35 in 551 skole. Die initiatief wat in die onderwys sektor uitgerol word, word beskou as die grootste jeug indiensnemings inisiatief in die land. Diens kontrakte van jeugdiges wie huidiglik deel is van die intiatief kom tot stryk op 30 September 2023, met nuwe aansoeke wat alreeds vanaf 26 September vandeesmaand ingedien kan word. Menigte jeugdiges wie deel gevorm het van die  inisiatief het self ook 'n belangstelling ontwikkel in verdere studies in onderwys en pedagogie. Sedert die ontstaan van die initatief kon baie jeugdiges darin slaag om hul lewens standaard sowel as dié van hul families verbeter. Aansoeke vir 2023/2024 sluit op 16 Oktober vanjaar. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media