meter opgraderings en waterlynherstelwerkin namakwa

Inwoners van Port Polloth, in die Richtersveld municipale area is daaraan herinner dat Namakwa Land konstruksie steeds besig is met die oorskakelings proses van die nuwe waterpyplyn wat tot gevolg het dat sekere gebiede se watertoevoer beinvloed gaan word. Die munisipaliteit se sodra die oorskakel proses voltooi is behoort alles na normaal terug te keer. Die raad het ook 'n skrewe uitgereik waarin inwoners herinner word aan die opdatering van voorafbetaalde elektrisiteits meters wat voor 24 November vanjaar afgehandel moet word. Nagenoeg 726 gesinne se meters moet nog opgedateer word terwyl minstens 1 duisend 44 reeds afgehandel is. Die munisipale bestuurder J.G Cloete se inwoners moet elektrisiteits koepons wat hulle vooraf aangekoop het gebruik in 'n poging om seker te maak dat dit nie na die opgradering van hulle meters onbruikbaar gaan wees nie. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media