Koue duur voort

Die onafhanklike landbouweerkundige Johan Van Den Berg waarsku dat die winterreenstreek weekliks reen kan verwag tot in die begin van Oktober, vanwee nog kouefronte wat gereeld gaan voorkom. Die risiko van ryp word ook hierdeur verhoog. Hy se ondanks die tekens van die lente wat sy verskuining maak, dui weerpatrone nog koue fronte omtrent elke week van September vanjaar asook die eerste week van Oktober. Hy se die gebiede in die somerreengebied waar die risiko die grootste is, is die Noordkaap veral die benede oranje rivierstreek waar 'n daling in temperature verwag word soos kouefronte inbeweeg. Van Den Berg maan inwoners om uiters versigtig te wees met die maak van oop vure wat tot grootskaalse wegholveldbrande kan lei. 1/21 grade wort vir Upington vandag voorspel, 1/23 in Kuruman, 2/20 grade wort vir Springbok voorpel met mis weer terwyl temperatiere vir De Aar vanogen op minus 2 staan en op 19 grade celcius later vandag. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za