Soldaat steeds vry

Mbubanzi Zwakala (48), ’n adjudant-offisier van die Suid Afrikaanse Nationale Weermag verbonde aan die militêre basis by Diskobolos in Kimberley, wat van die moord op Kimberley Boys' High School-leerling Amogelang Assegaai (19) op 1 Oktober 2022 buite sy huis in Verwoerdpark beskuldig is, word van die moord aangekla. Kommer is deur staatsgetuies geopper dat indien hy opdrag kry om die weermagkaserne te ontruim, hul veiligheid in gevaar gestel kan word. Zwakala is in April borgtog van R10 000 toegestaan op voorwaarde dat hy nie die weermagbasis of distrik vir die duur van die verhoor verlaat sonder skriftelike toestemming van die ondersoekbeampte nie, of enige van die getuies intimideer nie. Sy toesighouer, wat 'n kolonel in die SANW is, het ingestem om hom toe te laat om by Diskobolos te bly totdat sy saak afgehandel is. Polisiewoordvoerder, sers. Molefi Shemane, het gister bevestig dat Zwakala nie geskors is nie. Shemane het bygevoeg dat die vuurwapen wat in die beweerde pleging van die misdaad gebruik is, die beskuldigde se persoonlike vuurwapen was. Die streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, het gesê die saak is tot 14 November uitgestel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media