Lees Indaba onderweg by die Sol Plaatjie universiteit in Kimberley

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap loods vanoggend die lees Indaba in Kimberly by die Sol Plaatjie Universiteit, onder die Tema" leer en bevorder lees in die Covid- 19 krisis en daarna. Die Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) se 2021 uitslae, bekendgestel op 16 Mei vanjaar, bevestig dat die verliese in onderwys asgevolg van die Covid -19 pandemie kommer wekkend is in Suid - Afrika. Die studie toon dat 81% van graad 4 leerlinge in Suid - Afrika nie kan lees met begrip. Die Noord-Kaap toon 'n daling van 22 punte vanaf 306 in 2016 tot 284 in 2021. Volgens Geoffrey Van Der Merwe, woordvoerder van onderwys in die Noord-Kaap, is die Indaba ten doel om onderwysers te help om met nuwe onderrig strategiee na vore te kom, onderwysers toe te rus met toerusting en kennis om leerlinge se lees vaardighede te assesseer om lees uitdagings te diagnoseer, en om te ontdek hoe om tegnologie te integreer by lees instruksie ondermeer. Die Indaba kom more ten einde.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media