Die distrik uitdunne van die Woorde Open Wêrelde kompetisie word Saterdag, 02 September aangebied in Upington by die Upington Hoërskool omstreeks 9 uur die oggend. Nagenoeg 400 leerlinge word verwag om deel te neem. 3 Kring kompetisies wat insluit Postmasburg, Kakamas en Upington het die afgelope Saterdag plaasvind, waarvan nagenoeg 1400 leerlinge deelgeneem het. ZF Mgcawu Distrik Vak adviseur en ook koordineerder vir die WOW spelfees, Semi-Jo Dywili, sê die belangrikheid daarvan om 'n kalm en stil atmosfeer te skep vir leerlinge tydens die kompetisie is van groot belang. Volgens Dywili word ouers nie toegelaat om in te sit tydens die kompetisie nie, omdat dit in klaskamers plaasvind, maar ouers sal wel die nasionale byeenkoms kan bywoon. Insert - Dywili
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com