Skool se hekke weer hereopen

Die hekke van die gekombineerde skool Rietfontein is weer vanoggend geopen vir skool aktiwiteite nadat ouers van dié skool die hekke na bewering laas week Donderdag gesluit het. Dit het gevolg nadat geskille tussen leerling ouer betrokkenheid tot volg gehad het, wat gelei het tot  groot amok tydens skool ure. Ouers het geweier om die hekke te open voordat hoofde van die onderwys departement ingryp om sekuriteit uitdaginghs onder meer by die skool aan te spreek. Distrik hoof van die ZF Mgcawu onderwys departement, Gordon March het Vrydag met ouers en leerkragte vergader om die probleem uit die weg te ruim. Bymonde van 'n ouer verbonde aan die skool het die departement 7 dae om te reageer op hul versoeke.  Die polisie het glo skriftelik onderneem om daagliks sekuriteit by die skool te verseeker. Ouers meen dat indien die polisie nie die ooreenkoms sal nakom nie, sal hulle nie skroom om weer die hekke te sluit nie. Ouers van die skool sê die veiligheid van hul kinders is belangrik en hulle sal geen kompromieë aangaan in hierdie verband. Insetel - RCS

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media