Geduld gevra

Die burgermeester van die Tsantsabane munisipale regsgebied het inwoners gerusgestel en aangevoer dat probleme geopper oor ondermeer buitelandse sakeondernemings in die gebied asook die monitering daarvan aandag geniet en 'n gemeenskaps vergadering die pad vorentoe gaan aankondig. Helena English en twee raadslede Rochelle De Vajee en Marco Lottering het vroeer inwoners ontmoet in wyke 1 en 3, waar probleme geopper was en winkels weens publieke spanning gesluit was. English se die samewerking van alle belanghebendes is van kardinale belang en versoek die geduld van die inwoners onderwyl aandaag aan probleme geskenk word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media