Die polisie in Warrenton tesame met die soek en reddingspan soek steeds na twee mans wat na bewering Sondag in die Vaalrivier naby Warrenton vermis geraak het. Volgens inligting het die twee mans Sondag omstreeks 16:00 saam met 'n geestelike geneser, as deel van 'n geestelike ritueel, die rivier binnegegaan en darna nie terug gekeer nie. Die voorval volg op verskeie waarskuwings van die polisie wat gemeenskapslede versoek om nie in die oorstroomde rivier te swem nie.
Die rivier het oorstromings ervaar ná die onlangse swaar reën.
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die mans is glo tydens die ritueel meegesleur.
“Volgens hul geestelike leier het die rivier hulle na bewering tydens die ritueel ingetrek. Die polisie versoek ook enige iemand met inligting wat hulle kan help met die soektog om die polisie te kontak.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za