‘n Weerkundige van die weerdiens in Kaapstad, Khanyisa Makubalo sê ‘n kouefront wat die Wes-Kaap gister bereik het, sal vandag na die suidkus uitbrei. Makubalo sê ‘n tweede front sal Kaapstad teen Vrydag bereik. ‘n Waarskuwing is uitgereik oor rowwe seetoestande aan die kus van die Noord-en Wes-Kaap en stormsterk wind tussen Tafelbaai en Plettenbergbaai. Toestande bevorderlik vir weghol veldbrande is ook uitgereik vir die noordoostelike dele van die Noordkaap asook Noordwes, Vrystaat, Kwazulu Natal, Limpopo en Mpumalanga. sonnig en koel tot warm maar gedeeltelik bewolk en koud in die weste en wionderig in die suide van die Noordkaap. 20 grade vir beide Kimberley en Upington 19, aan die kus by Alexanderbaai en 10 in Sutherland.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za