Skoonheid na Columbia

Die Kimberley gebore Mej Pre-Teen South Africa die 13 jarige Manqoba Vilakazi vertrek aan die einde van Augustus vanjaar na Colombia om Suid-Afrika by die Mini Heelal skoonheidskompetisie te verteenwoordig. Die geleentheid sal in die stad Bogota aangebied word. Manqoba is in Maart vanjaar as Mej Pre-teen Heelal Suid-Afrika by die nasionale kompetisie gekroon wat by die iZulu-teater by die Sibaya Casino and Entertainment Kingdom in Durban in kwazulu natal gehou was. Boodskappe van sterkte is intussen besig om momentum te bou in aanloop van die 13 jarige se vertrek met die jeug wat aangemoedig word om elke uitdaging op hulle voete in die gesig te staar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media