Dagson roof in Kimberley

Motoriste in een van Kimberley se besigste strate se hulle was verstom toe hulle vroeër verlede week ’n gewapende roof gesien het wat helder oordag afspeel. Die voorval het in Langstraat naby 'n motorhandelaar plaasgevind waar 'n mans persoon deur twee ander beroof was wat na die misdaad in hulle voertuig geklim en wegery het. Die verdagtes het die man se rugsak wat hy by hom gehad het geroof. Die Polisiewoordvoerder, sersant Dikeledi Gopane het intussen bevestig dat 'n saak van roof ondersoek word na 'n onbekende bedrag geld helder oordag van die klaer geroof is. Hy se enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagtes kan deur middel van die my SAPS-toep gedeel word of die naaste polisie stasie

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media