Man inhegtenis na verkragting

Itumeleng Prichard Masilabele wie jong meisies gelok het om pornografiese inhoud te kyk voordat hy hulle verkrag het, is tot drie lewenslange vonnisse gevonnis. Die voorvalle het volgens 'n polisie verklaring by Seven Miles Village in Kuruman plaasgevind. Die Mothibistad-streekhof het gehoor dat die man die jong meisies tussen R7 en R25 betaal om stil te bly. Die hof het die 59-Masilabele skuldig bevind aan drie aanklagte van verkragting. Tydens die verhoor het die hof gehoor Masilabele, wat 'n inwoner van Seven Miles Village in Kuruman was, het jong meisies van die dorp genooi om televisie by sy huis te kyk. Mojalefa Senokoatsane, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê Masilabele se modus operandi was dat hy een of ander tyd enige ander meisies wat teenwoordig is, behalwe die slagoffers, sal wegjaag. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media