‘n Een-en-veertigjarige man verskyn vandag in die Kakamas Landdroshof, vir die beweerde seksuele aanranding van twee seuns. Die seuns, wat 8 en 11- jaar oud is, is na bewering oor ‘n tydperk deur die man, vroeër vanjaar seksueel aangerand. Die man het volgens 'n polisie verkklaring in ‘n woonstel op dieselfde perseel as die seuns gewoon. Polisie woortvoerder Kaptain Nelis Prins sê die verdagte is in Kaapstad vasgetrek.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za