Veltie leerling presteer as model in VSA

Cleantha Koetzee, 'n graad 9 leerling aan Hoërskool Duinelveld in Upington, het onlangs vir 2 weke in Kalifornië, VSA deelgeneem aan die Wêreld Kampioenskappe van Uitvoerende Kunste in die model-afdeling. Die skoonheid het 4 internasionale toekennnings ontvang wat meebring dat sy in 4 afdelings, die 2de beste model ter wêreld is. Die skool het Cleantha geluk gewens met haar prestasie en sê dat haar harde werk afbetaal het. Volgens 'n verklaring wat deur die skool uitgereik is, is hulle ongelooflik trots op die leerling. Die skool is na gelang van dié verklaring opgewonde oor Cleantha se toekoms in  die model wêreld. Die skool het dank betuig teenoor die ouers van die leerling wie ook al die pad na die VSA gereis het  ter ondersteuning van hul dogter en sê dat die skool geseënd is met ouers wie die ekstra myl gaan om hul kinders te ondersteun. Die leerling ontvang opleidng by die Dawrette Heyns Model Akademie. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media