Veelparty gesprek vandag agter toe deur met steenhuizen oppad na die Noord-kaap

Die deelnemers aan die Veelparty Handves vir Suid-Afrika sit vandag hul samesprekings agter geslote deure voort, nadat die partye gister ooreengekom het om alle politieke partye te nooi om deel van die koalisie te vorm wat saamstem dat die ANC onttroon en die EFF uit die regering gehou moet word. Die politieke wetenskaplike, professor William Gumede sal op die tweede en laaste dag van die samesprekings weer die voorsitter wees. Die partye het gister beginsels en prioriteite neergelê wat insluit ekonomiese groei en werkskepping, die beëindiging van beurtkrag, die skep van energiesekerheid en veiligheid en sekuriteit. Partyleiers sê die samesprekings was eerlik en op die man af. Die nasionale leier van die Demokratiese Aliansie John Steenhuizen gaan naverwagting na die byeenkoms na die Noordkaap provinisie vlieg, waar hy Maandag in die Kai Garib munisipale regsgebied asook Dawid Kruiper in die ZF Mgcawu streek gaan wees. Steenhuisen sal na verwagting weer later in die Kuruman omgewing verskeie gespreke met die sakesektor en gemeenskappe voer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media