Skoonhede maak opgang

Die Kai Garib munisipale regsgebied spog met twee skoonhede, Gracelen Matthys en Angela Mnguni wie beide in die finaal van die Miss World Suid Afrika skoonheids kompitisie tusen 22 en 30 Augustus vanjaar gaan deelneem. Die twee, beide van Kakamas is onderskeidelik 17 en 20 Jaar oud en van nederige agtergrond. Die 20 jarige Mnguni woon saam met haar twee sisters en broer en het sonder ouers grootgeword. Sy se dus juis haar aansporing en het die jeug gevra om hulle merk vroeg in die lewe positief te maak en nie moet terugstaan vir enige uitdaging nie. Mattys op haar beurt meen die hoop en drome van jongmense moet nie in die as verdwyn nie en het jeugdiges gevra om hulle omstandighede te gebruik om bo uit te styg. Vir beide die skoonhede wat hulle eerste media verskyning by Radio Riverside gemaak het is die reis na die miss world Suid Afrika skoonheids kompitisie een van groot opgewondenheid.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media