Vroue om hulleself te druk

Vroue in die Noordkaap provinsie is aangemoedig om seker te maak dat hulle betrokke raak by die proses om die versnelling van sosio ekonomiese geleenthede te verseker terwyl Suid Afrika saam met die Noordkaap provinsie vroue maand vier. In die Noordkaap het die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme Abraham Vosloo gese die sakesektor tesame met die regering moet help om die geleenthede vir vroue te skep en die platform gin om teen hulle manlike eweknie te kan meeding. Hy se die fokus die maand is om geleenthede vir vroue in die verskillende toerismesektore van die Noord-Kaapse ekonomie te skep, met die klem op die bevordering van vroue se verteenwoordiging in leierskap- en bestuursrolle, die verhoging van hul deelname, die bevordering van werkskepping, en die ondersteuning van entrepreneurskapsontwikkeling binne die toerismebedryf. Vosloo se die sosio-ekonomiese bemagtiging van vroue in die provinsie is 'n deurslaggewende stap om die nalatenskap van apartheid reg te stel en die samelewing te transformeer. Vosloo het by die premier van die Noordkaap dokter Zamani Saul aangesluit en gese die regering het ten doel om geslagsonderdrukking, patriargie, seksisme, rassisme, ouderdom en strukturele onderdrukking wat vroue steeds vandag ervaar te bekamp.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media