54 gesinne kry kaart en transport

Die Gamagara plaaslike munisipaleteit se die oorhandiging van eienaarskap van 54 huise aan inwoners is deel van die raad se planne om inwoners se waardigheid te erken en om seker te maak dat die regsgebied se inwoners eienaarskap neem van hulle eiendomme en terselfdetyd dit te beskerm. Die burgermeester Johanes Roman vergesel deur die speaker van die munisipaleteit Goitseone Sekgopi het die proses om die huise oor te dra aan die bewoners van Siyathemba oorsien. Die 54 huise was die eiendom van die munisipaleteit en is volgens Gamagara deel van hulle plan om huiseienaarskap te bevorder.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media