Inwoners van die Noord-Kaapse hoofstad Kimberley kan hulle staal vir 'n grootskaalse wateronderbreking wat reeds op die 9de Augustus begin het en tot die 14de Augustus vanjaar gaan voortduur. Die munisipaleteit maan inwoners dat hulle hierdeur voorsiening maak vir herstelwerk aan groot lekasies aan die grootmaat waterpyplyn. Die munisipaleteit se woordvoerder Thoko Riet se die beplande stilstand gaan langer as gewoontlik duur aangesien alle maatreels vir die herstelwerk in plek gestel moet word voordat die netwerk tot stilstand gebring gaan word. Water sal aan inwoners verseker word deur middel van Jojo tenke met inwoners wat aangemoedig word om ook water veilig te berg sodat hulle gereelde toegang tot water kan he.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za