tradisionele leiers vra vir optrede

Traditionele griekwa en khoisan verteenwoordiger en speaker van die ZF Mgcawu streek municpaliteit Stanley Peterson se geweldsmisdade het 'n ongekende vlak bereik, soveelso dat gewone wetsgehoorsame burgers deur mnisdaad aangehou word en gemeenskappe nie meer ondanks die teenwoordigheid van die Suid Afrikaanse polisie veilig is nie. Petertson se 'n nuwe gemeenskaplike benadering is nodig om die groeiende bedreiging wat geweldsmisdaad vir inwoners inhou aan te spreek. Dit volg na die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika Contralesa 'n beroep gedoen het op president Cyril Ramaphosa om dringend op te tree teen die aanslag van misdadigers wat landwyd verwoesting saai. Die president van Contralesa, Lameck Mokoena sê Suid-Afrikaners voel asof hulle as gyselaars aangehou word, en leef elke dag in vrees. Lameck sê die president moet sê hoelank Suid-Afrikaners nog onder dié daaglikse beproewing moet deurloop.peterson se dus ontoelaatbaar dat misdadigheid die oorhand kry in voorheen veilige gemeenskappe

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media