Pensioen fondse kommer

Die Kai Garib, Renosterberg, Kheis, Thembelihle en Ubuntu municipaliteite in die Noord Kaap, is deel van die municipaliteite in die land wat agterstallig is met die maandelikse statutere bydraes tot die pensioenfonds. Die minister van finansies Enoch Godongwana se die nasionale Tesourie tref maatreels, om die insamel van inligting te verseker asook om munisipaleteite wat aan die pensioenfonds geld skuld verantwoordelik te hou. Hy se nege munisipaleteite het inligting bekendgemaak oor agterstallige maandelikse statutere bydraes tot die pensioenfonds met ses van die nege wat saam met meer as 81 koma 5 miljoen rand agterstalig is. Volgens die verslag is die Kai Garib met bykans 30 miljoen rand agterstallig, gevolg deur Renosterberg met 'n geraamde 19 koma 1 miljoen, Ubuntu 3 koma 4 miljoen, Thembelihle 5 koma 1 miljoen rand met Kheis en Magareng munisipaleteite onderskeidelik 19 koma 9 en 4 koma 3 miljoen rand agterstallig. Die minister se die Tesourie het die kriteria vir die vrystelling van die gelyke aandeel of equitable share soos dit bekendstaan, in sy jaarlikse begrotings omsendbriewe met munisipaleteite gekominikeur. Die munisipaleteite moet nou redes verskaf oor hoekom hulle nie daarin slaag om hulle bydrae aan die pensioenfonds maak nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media