da monitor moordsaak

Die Demokratiese Alliansie het vandag saam met inwoners van Upington buite die plaaslike landdroshof saamgedrom. Dit volg na die wrede moord op 'n 14-jarige seun van Pabalello. Christopher Diteho is na bewering Dinsdagaand uit sy slaap wakker gemaak voordat hy aangerand en aan die brand gesteek is. Hy is in die hospitaal oorlede. Drie mans, Elvis Sikhepe, Isak Favors and Thomas Christopher Lebitsa tussen 19 en 35 jaar oud is deur die polisie in Paballelo in hegtenis geneem en staan​​tereg op 'n aanklag van ontvoering en moord en sal weer op 10 Augustus 2023 in die hof verskyn vir borgtog ansoek. Die gemeenskap is woedend oor die voorval en eis geregtigheid vir die familie. Die party se in 'n verklaring dat daar geen plek vir sulke wreedheid en geweld in die gemeenskappe is nie. Die DA se inwoners van Pabalello verdien 'n veilige omgewing waarin hulle hul kinders kan grootmaak, nie een waar hulle in die middel van die nag deur genadelose moordenaars geterroriseer word nie. Die DA doen ’n beroep op die polisie om alles te doen om ’n skuldigbevinding in dié saak te verseker en om polisiesigbaarheid in die gebied op te skaal. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media