Meter opdatering duur voort

Die Dawid Kruiper munisipaleteit se direkteur ekektries Danny Louw het inwoners van Rosedale, Hash Valley en Khoisan Valley asook Vergenoeg aangemoedig om toegang vir inspekteurs wat tans in die gebied ontplooi is om voorafbetaalde elektrisiteit meters op te dateer te verleen. Louw se die munisipaleteit het reeds minstens 2 duisend kragbokse opgegradeer en wil teen die einde van November vanjaar die regsgebied afhandel. Die munisipaleteit se die opdatering van die voorafbetaalde elektrisiteit meters is noodsaaklik om inwoners toegang tot elektrisiteit te gee waneer die sisteem in 2024 gaan verander. Geidentifiseerde personeel van die Dawid Kruiper Munisipaleteit se elektrisiteits afdeling is reeds in die onderskeie gemeenskappe ontplooi met kennisgewing wat uitgereik gaan word waar huishoudings nie tuis tydens die span se besoeke was nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media