Warrenton Kraandroogte duur voort

Inwoners van Warrenton gaan volgens inligting die 6de maand binne sonder water. Die ACDP se Marie Sukers se die inwoners van die dorp wat insluit warenvale en ikhutseng trek steeds swaar ondanks verskeie oproepe dat die minister van water en sanitasie dringend moet ingryp. Die dorp se watertoevoer is in Februarie tydens die vloede beskadig met geen water wat van die aanleg na opgaartenke gepomp kan word nie. Die Magareng munisipaleteit is gevra om die regte van inwoners te respekteur terwyl die LUR vir samewerkende regering en menslike nedersettings Bentley Vass, 5 koma 5 miljoen rand bewillig het om die kwessie aan te spreek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media