Loading...

NewsDesk

NewsDesk

DAMME IN DIE VRYSTAAT EN NOORD-KAAP – UITVLOEI WORD VERHOOG

Community
Rodrick Titus
Mon, 21 Sep 2026

DAMME IN DIE VRYSTAAT EN NOORD-KAAP – UITVLOEI WORD VERHOOG

Waterinvloei na verskeie groot damme in die sentrale binneland bly hoog, met damvlakke wat in sommige gevalle bo die honderd persent-kerf is.


Volgens vandag se syfers staan die Vaaldam op 102-komma-2 persent, met ’n invloei van 333 en ’n uitvloei van 17 kubieke meter per sekonde.
Die Bloemhofdam is op 109 persent, met ’n invloei van 107 en ’n uitvloei van 40 kubieke meter per sekonde.
By die Gariepdam is die vlak 101-komma-9 persent. Die dam ontvang tans ’n invloei van 2-duisend-913 kubieke meter per sekonde, terwyl 648 kubieke meter per sekonde uitvloei.
Die Vanderkloofdam is op 99-komma-7 persent, met ’n invloei van 701 en ’n uitvloei van 338 kubieke meter per sekonde.
Die uitlaat by die Bloemhofdam word vandag verhoog na 100 kubieke meter per sekonde.
By die Vanderkloofdam sal die uitlaat na verwagting teen die 26ste van die maand tot 800 kubieke meter per sekonde verhoog word, en dit kan daarna verder styg.
Inwoners langs die Vaal- en Oranjerivier moet daarom op hoogte bly van amptelike waarskuwings en enige veranderinge in die rivier- en damvlakke.