Victoria-Wes-hof stuur verkragter vir 12 jaar tronk toe
n 18-jarige man is deur die Victoria-Wes Streekhof tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van 'n 39-jarige vrou naby Loxton.
Volgens getuienis het die slagoffer in November verlede jaar huis toe gestap toe die beskuldigde haar met 'n fiets omgestamp, oorweldig en na 'n oop veld gesleep het waar hy haar twee keer verkrag het. Die vrou het daarin geslaag om huis toe te kom en die voorval aan haar lewensmaat te rapporteer.
Die Noord-Kaapse SAPD het die vonnis verwelkom en sĂȘ dit stuur 'n sterk boodskap dat geweldsmisdade teen vroue ernstig opgeneem word.