Voormalige aanklaer kry 10 jaar tronkstraf vir mishandeling van lewensmaat
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die skuldigbevinding en vonnis van 'n voormalige aanklaer van die Upington-distrik verwelkom. Die 40-jarige man is deur die Upington Streekhof tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, seksuele aanranding, die oortreding van 'n beskermingsbevel en bestuur onder die invloed van alkohol.
Die saak spruit uit 'n voorval in November 2022 in Paballelo waar die beskuldigde sy lewensmaat, 'n SAPD-lid, na 'n argument ernstig aangerand en seksueel aangerand het. Die hof het bevind dat die Staat genoegsame getuienis aangebied het om verskeie aanklagte te bewys, hoewel hy op twee aanklagte van verkragting vrygespreek is.
Die NVG sĂȘ die vonnis beklemtoon dat niemand bo die reg staan nie en dat sake van geslagsgebaseerde geweld sonder vrees of guns vervolg sal word