DA in Noord-Kaap pols plaaslike brandweer se gereedheid ná veldbrande
Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap sê hy ondersoek die gereedheid van plaaslike brandweerstrukture ná ’n aantal gevaarlike veldbrande wat swakhede in rampbestuur blootlê.
’N veldbrand langs die R31 naby Kimberley het na bewering verlede week naby wooneiendomme in Carters Glen en ’n verpleegverblyf by die psigiatriese hospitaal gevaarlik geword.
Die DA sê inwoners het ’n sekondêre veldbrand naby Tswelopele-tronk by Sol Plaatje se nooddienste gerapporteer, maar slegs een werkende brandweerwa was beskikbaar, en dié was reeds besig om die R31-brand te beheer.
Inligting dui darop dat die Noord-Kaap tussen April 2023 en Februarie 2025 meer as 413 000 hektaar weiveld verloor in onbeheerbare veldbrande.
Die DA sê vyftien van dié brande het meer as 10 000 hektaar elk verwoes.