Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Gariepdam loop oor: Geen groot invloed op Oranjerivier verwag nie

Other
Rodrick Titus
Wed, 03 Sep 2025

Gariepdam loop oor: Geen groot invloed op Oranjerivier verwag nie

Die departement van water en sanitasie sê branders het gistermiddag oor die wal van die Gariepdam geklots ná dae van reën in die opvanggebiede. Die departement sê die dam is tans 99,39% vol, wat die hoogste vlak in maande verteenwoordig.

Hoewel die skouspel van water wat oor die wal vloei baie aandag getrek het, stel kenners die publiek gerus dat daar geen rede tot kommer oor moontlike oorstromings in die Oranjerivier is nie.

Volgens Wilco Fourie van die Oranje Rivier Landbou-unie sal die hoë vlak van die Gariepdam geen noemenswaardige invloed op die vloei van die Oranjerivier hê nie. Hy sê die vrystelling van water uit die dam word streng beheer deur die Departement van Water en Sanitasie.

Volgens data van die Departement van Water en Sanitasie bly damvlakke in die omliggende gebiede ook hoog, met ’n geskatte gemiddelde van 95% vir die streek.

Inligting dui darop dat hoewel dit goeie nuus is vir landbouprodusente wat afhanklik is van besproeiing, hou dit ook die risiko van moontlike oorstromings in laerliggende gebiede in, veral indien swaar reën voortduur.

Gemeenskappe langs die Oranjerivier, insluitend dié in Upington en Keimoes, is versoek om waaksaam te bly maar nie paniek te saai nie.