Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Regerinsg Kominikasie Kom Byeen

Local
Rodrick Titus
Tue, 02 Sep 2025

Regerinsg Kominikasie Kom Byeen

Die maandelikse vergadering van die Plaaslike Regeringskommunikasieforum het gister in die Dawid Kruiper-munisipale raadsaal plaasgevind. Die munisipaliteit sê verskeie regeringsdepartemente was teenwoordig om as ’n gesamentlike krag te probeer dienslewering te stroomlyn en te verbeter.

Die munisipaliteit sê die fokus van die vergadering was om saam te werk om die behoeftes van die gemeenskap eerste te stel en doeltreffender aan die mense se verwagtinge te voldoen.

Tydens die sessie is strategieë bespreek om kommunikasie tussen die departemente te verbeter, uitdagings in dienslewering aan te spreek, en die samewerking tussen die munisipaliteit en ander rolspelers te versterk. Die vergadering het ook daarop gefokus om toegang tot basiese dienste soos water, elektrisiteit en gesondheidsorg te verbeter, en om te verseker dat inwoners se stemme gehoor word in besluitnemingsprosesse.