!Kheis Boerevereniging beplan toekoms van plaaslike landbou
Die !Kheis Boerevereniging het onlangs hul strategiese beplanningsessie in Boegoeberg suksesvol afgehandel. Die vereeniging sê dit is ’n belangrike stap in die rigting van ’n inklusiewe en volhoubare landbousektor in die !Kheis Munisipaliteit.
Volgens Gershuan Baster, sekretaris-generaal van KFA, is kernaspekte soos die vereniging se grondwet, standaard operasionele prosedures, bemarkingstrategie en strategiese doelwitte bespreek.
'N verklag dui darop dat verskeie belangrike rolspelers tot die sessie bygedra het, insluitend NAFU se provinsiale leierskap, plaaslike munisipaliteite, en vennote soos LIMA.
Die vereniging sê die sessie simboliseer die begin van ’n nuwe hoofstuk vir die KFA, met ’n duidelike verbintenis tot ’n lewendige, markgedrewe en samewerkende landbousektor.