Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Man in hegtenis geneem vir dwelmhandel in Okiep

Crime
Rodrick Titus
Tue, 02 Sep 2025

Man in hegtenis geneem vir dwelmhandel in Okiep

Die Openbare Orde Polisie in Springbok het ’n 36-jarige man op 31 Augustus 2025 in hegtenis geneem na ’n wenk van die gemeenskap oor dwelmhandel in Kamp 4, Okiep.

Die polisie hulle het by ’n soektog dwelms ter waarde van ongeveer R45 000 in beslag geneem. Die verdagte is aangekla en sal binnekort in die hof verskyn.

Brigadier Schalk Andrews bedank die gemeenskap vir hul inligting en sê die polisie sal voortgaan om teen dwelmhandelaars op te tree.

Lede van die publiek word aangemoedig om misdaad aan te meld om die stryd teen dwelms te ondersteun se Kaptein Ivan Magerman