Santaco steun leerders by Rietrivier Primêr tydens Vrouemaand
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi Raad OFTEWEL Santaco sê hulle het skooluniforms, kosmetika en waardigheidspakkies aan behoeftige leerders by Rietrivier Primêre Skool in Ritchie geskenk as deel van die President se Skoolaanneemprogram.
Die organisasie sê in 'n verklaring santaco-president Motlhabane Tsebe, saam met ander leiers en die plaaslike departement van vervoer, het ook ’n boodskap van hoop oorgedra. Tsebe het ma’s, oumas en families bedank vir hul ondersteuning van die taxi-bedryf en beklemtoon dat die toekoms van die nasie in die hande van die jong leerders lê.
Santaco sê hy beplan om soortgelyke inisiatiewe in ander provinsies te loods om die band tussen die bedryf en gemeenskappe te versterk.