Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Namakwa-Polisie Hou Suksesvolle Anti-Dwelmoperasie

Crime
Rodrick Titus
Mon, 01 Sep 2025

Namakwa-Polisie Hou Suksesvolle Anti-Dwelmoperasie

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê die Namakwa Distrikskommissaris, Brigadier Schalk Andrews, het ’n gesamentlike operasie suksesvol afgerond saam met die Springbok Openbare Orde Polisiereenheid en die Veediefstal- en Bedreigde Spesies Eenheid.

In 'n verklaring sê die polisie tussen 27 en 29 Augustus 2025 is verskeie mense in Steinkopf, Bergsig en Springbok gearresteer op aanklagte van dwelmhandel en besit van gesteelde eiendom. Onder die inbeslaggeneemde items was mandraxtablette, tik en gesteelde koperkabel met ’n geskatte waarde van meer as R22 000.

Die operasie beklemtoon die polisie se toewyding om dwelmhandel en ander misdade in die distrik te beveg en om gevaarlike middels uit gemeenskappe te verwyder. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moedig die gemeenskap aan om enige misdaad te rapporteer.